We are so proud of this. Thank you to the team behind the scenes, for your hard work, and of course our esteemed guests - past, present and future - who made this possible. What a way to start the new year!
Weg Platteland - Somer 21-22: Swellendam: die dorp wat oor sy wortels waak
In hierdie prag-artikel word met plaaslike mense gesels en word dit gou duidelik waarom ons dorp so gewild is. Dit is voorwaar 'n holte vir 'n mens se voet...
Dis geen wonder ons het na hierdie dorp gehunker nie!
Swellendam bied soveel: die pragtige berge en natuurreservate (Marloth, Bontebokpark, De Hoop, om net 'n paar te noem), die interessante mense, die heilsame omgewing met die lekkerste vars produkte te koop om elke hoek en draai: bessies, heuning, koffie, vleis en natuurlik: kaas en wyn!
Die restaurante is voorwaar fantasties en dit is moeilik om een uit te sonder: veral omdat ons self nog nie eens by almal uitgekom het nie! Altyd iets om te verken...
Die omliggende areas bied ook soveel wonderlike besienswaardighede, plekke en mense: of jy deur Suurbraak na Barrydale gaan, binneland toe waar die Karoo net oor die berg loer. En of jy kus se kant toe staan: Stilbaai, Struisbaai of Witsand toe. Agulhas, Malgas of Infanta - dit is alles net 'n klipgooi weg.
Die geskiedkundige geboue, stories en wortels maak dit 'n fees om te verken. Dit is net eenvoudig beeldskoon mooi. Ons is voorwaar geseënd om hier te kan woon!
Further Reading
So proud of this award from Travelmyth! Thank you to our hardworking team at De Oude Pastorie who made this possible. Bring on 2021!
Gardening is a never ending (but very satisfying) job. With autumn rapidly on its way, we are making good use of the lovely sunny days during lockdown. It is also a privilege to discover, again, the beautiful surroundings where we live. Hedges are trimmed, weeding is done, the lawns are mowed, garden furniture is cleaned and stored for winter, and the pool area spruced up. What a surprise to discover a lovely...
Share This Post